top of page

Blinkliggies Dagsorg Sentrum is ....

'n Christelik-gebaseerde institusie wat positiewe norms en waardes promofeer. Weedersydse verstandhouding en respek tussen onderwysers, kinders en staf is sleutel waardes. Ons lewer 'n kwaliteit diens aan die gemeenskap as dit kom by opvoeding vir kleuters en peuters, asook skool gereedheids opvoeding vir leerders met behulp van profesionele, gekwalifiseerde personeel om'n reputasie te bou as ? dagsorg wat jou gemoedsrus gee op alle vlakke.

Ons doel by Blinkliggies Dagsorg is om u kind te voorsien met 'n warm liefdevolle en veilige omgewing. Waar elke kindjie kan leer om dinge te verken en te ondek volgense sy unieke vermoe.

Elke kind geniet individuele aandag volgens sy/haar behoeftes.Ons besef die belangrikheid van stimulasie, aandag en aanvaarding by kinders gedurende die eerste vormings jare. Ons streef daarna om gebalanseerde kinders met 'n goeie selfbeeld te vorm.

Ons dagsorg veskaf versorging aan Afrikaanse sowel as Engelse kleuters vanaf 0 maande tot Gr00 met 'n beperkte aantal kinders per klas. Oop vanaf Maandag tot Vrydag vanaf 06h00 soggens tot 18h00 saans. Voldag of halfdagsorg beskikbaar.Goeie gebalanseerde maaltye en versnappings word voorsien. Die dagsorg personeel is opgelei in Noodhulp en het sertifisering op die gebied.



Opening Soon

Blinkliggies Dagsorg - Sentrum

Inligting

Copyright 2023 My Site Name. No Animals were harmed in the making. Click me to edit me.

bottom of page