top of page

Dankie Heer al is ek klein, vir my skool en vir my brein.
Maak my nuttig, goed en sterk,
Vader om vir U te werk.
AMEN

Ons daaglikse roetine begin vanaf 6 uur waar ons alle kinders verwelkom en ontvang. Die Appellieffies ontvang hulle ontbyt soos wat hulle inkom. Vir die grooter klassies vra ons dat alle kleuters al voor 8 uur daar sal wees anders gaan die kindjie ontbyt mis. Ons het elke oggend bybel stories en bybel liedjies voordat elke klassie aangaan met sy daaglikse aktiwiteite. Die appelliefies  saam met die kinders wat potjie train het 'n skedule waarvolgens hulle moet werk om seker te maak elke kindjie gaan gereel badkamer toe en dat die doeke skoon is.

Sing, Speel en Leer is vir ons nooit te veel

Daaglikse Roetine

Dit is vir ons baie belangrik dat elke ouer ons sal inlig as u kind enige voedsel allergie het.  Ons spyskaarte sal elke week op die inligtings muur wees vir die ouers om te kan sien. Ons vra dat die ouers vir hulle kinders 'n kleinkosblikkie sal insit vir ons "happietyd" gedurende die dag. Vir die baba's wat al vaste voedsel begin eet sal daar elke dag fyn gekookte groente voorsien word. Ons gee ook vir die kinders jellie met koekies laat middag. Op vrydae leer ons kinders hoe om te bak en brou wat hulle dan huistoe kan neem.

Spyskaart

Nasorg

As 'n ma van 4 dogtertjies het ek besef wat se belangrike rol 'n dagsorg en nasorg in 'n kind se lewe is.

Om elke kindjie die regverdige kans te gee om te ontwikkel in sy/haar eie unike persoon en te kan presteer in akademie sowel as sport, het ons besluit om net 'n sekere aantal nasorg kinders te vat wat dan persoonlike aandag en hulp kan kry met hulle huiswerk.  Die nasorg sluit ook in hulle middag ete, vervoer na hulle buitemuurs aktiwiteite. Daar is toegang tot die internet vir take onder die toesig van die personeel aan diens. Omrede u kind se skool loopbaan so belangrik is het ons 'n gekwalifiseerde juffrou wat slegs betrokke is by die nasorg.

Copyright 2023 My Site Name. No Animals were harmed in the making. Click me to edit me.

bottom of page